Produkte

E-BOEKE

STAPPE VIR DIE BESTEL VAN
E-BOEKE (pdf):
  • NB: U MOET DIE E-BOEKE IN DIE AANLYNWINKEL BETAAL EN AFLAAI - BOEKE WORD NIE NA DESE AAN U GESTUUR NIE.
  1. Die e-boeke kan op enige slimfoon, tabletrekenaar, rekenaar of "e-reader" afgelaai word, dit is in vol kleur en het 'n volledige inhoudsopgawe met skakels sodat gemaklik daarin genavigeer kan word na enige afdeling.
  2. Kliek eers op die kategorie waarin u belangstel - Graad 8, Graad 9, Graad 10, Graad 11 of Graad 12. U sal dan al die boeke wat in die spesifieke graad beskikbaar is, kan sien. Kliek nou op elke boek wat u wil koop. Die boeke word in u mandjie gelaai en u kliek dan op "Checkout".
  3. Gaan deur die proses om u inligting te voltooi en betaal die boek(e) met u PayPal rekening of met u kredietkaart. Onthou die "password" wat u insluitel want u moet dit later weer gebruik wanneer die boeke afgelaai word.
  4. Kies die "Fluxplayer" opsie vir u rekenaar se OS (Windows, Mac, Android ens) en laai die "FluxPlayer" af.
  5. Gaan nou na die "Start" knoppie in die linkerkantse, onderste hoek van u rekenaar skerm en kliek daarop. Kliek dan op "All programs" en soek daar vir "Fluxplayer" en kliek daarop. Die boek(e) wat u gekoop het, word nou binne-in die "FluxPlayer" afgelaai en kan dan daarin gebruik word. Wanneer u die boek die eerste keer oopmaak in die Fluxplayer, moet u rekenaar aan die internet gekoppel wees sodat die boek afgelaai kan word. Nadat dit afgelaai is, kan u dit weer oopmaak in die Fluxplayer en gebruik sonder dat u rekenaar aan die internet gekoppel is.
  6. Indien u die boeke op 'n volgende toestel (selfoon, tablet) wil aflaai, gaan eers na die "app store" van u toestel en laai die Fluxplayer van daar af op u toestel af (gratis). Laai dan weer die boeke wat u reeds gekoop het af in hierdie Fluxplayer (gratis). U sal dieselfde "password" en e-pos adres moet gebruik as toe u die boeke die eerste keer afgelaai het op u rekenaar.
  7. 'n Harde kopie van al die e-boeke kan uitgedruk word vir eie gebruik, indien benodig.
  8. Indien u enige probleme ondervind met die aflaai of betaal van die boeke, kontak "Support" vir hulp by die e-pos adres support@flickrocket.com. Stel u probleem asseblief in Engels en u sal beslis gehelp word totdat u probleem uitgesorteer is.

E-BOEKE

BOEKE

STAPPE VIR DIE BESTEL VAN BOEKE (harde kopie):
  1. Kliek eers op die kategorie waarin u belangstel - Graad 8, Graad 9, Graad 10, Graad 11 of Graad 12. U sal dan al die boeke sien wat vir die spesifieke graad beskikbaar is. Kliek dan op elke boek wat u wil bestel. Die Notaboeke en Antwoordboeke is A4 en Vraestelboeke en Teorieboek is A5 formaat. Indien u al die boeke wat u wil koop in u mandjie het, kliek op "Checkout" en voltooi u besonderhede.
  2. Betaal die boek met u kredietkaart, met 'n kontant inbetaling of met EFT "wire transfer".
  3. U sal die bevestiging van u bestelling per e-pos ontvang met u bestelling nommer daarin.Die rekeningbesonderhede vir die inbetaling volg hieronder en sal ook op die bevestiging van bestelling verskyn. 
  4. *BANKBESONDERHEDE*
    AS Bothma
    FNB tjekrekening
    Rek nr.: 62532402120
    Tak: Lynnwood 252-045
    Gebruik u kind se naam, van en die “order nommer” as verwysing asseblief.

  5. Sodra betaling bevestig is, sal die boek aan u gekoerier word of u kan dit afhaal by HS Die Wilgers in Pretoria.
  6. Indien u enige probleme ondervind, kontak anniebothma64@gmail.com vir hulp.
  7. Skole wat boeke wil bestel, kan my direk kontak by anniebothma64@gmail.com   
  8. Die boeke is ook beskikbaar by Protea boekwinkels - doen gerus navraag by u naaste tak.

BOEKE

linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram