Description
Meer oor “Wiskunde Anibrand Graad 8 Notaboek en Werkboek”.
Die graad 8 Wiskunde Anibrand Notaboek (vir individue) en Werkboek (vir skole) behandel die volledige graad 8 KABV Wiskunde sillabus.
Die huiswerk probleme is so opgestel dat dit alle leerders help om eers die basiese begrippe vas te lê. Daarna volg probleme wat insig vereis en uitdagings bied aan leerders wat uitnemend wil presteer. Die Graad 8 Wiskunde Anibrand Antwoordboek verskaf volledig uitgewerkte, verduidelikende antwoorde op al die huiswerk probleme.
Ek gebruik hierdie notas die afgelope 12 jaar in my klasaanbieding vir die graad 8 leerders. Dit stel my in staat om die notas konstant te verbeter, soos wat ek dit in die klassituasie as nodig ervaar. Dit is ook so saamgestel dat dit ‘n volledige basis bied vir leerders om te kan presteer in Wiskunde in graad graad 12.
Die Notaboek/Werkboek is op hierdie stadium so volledig en werk so suksesvol, dat geen ander materiaal vir graad 8 Wiskunde- onderrig benodig word nie. Ons behaal in Die Wilgers, waar die Wiskunde Anibrand reeks gebruik as geheel gebruik word, uitstekende resultate met leerders in alle prestasievlakke .
Hierdie boek , saam met die Wiskunde Anibrand graad 8 Antwoordboek en Vraestelboek is die antwoord vir alle graad 8 leerders wat wil presteer in Wiskunde en ook vir alle Wiskunde onderwysers wat sonder moeite ‘n kwaliteit Wiskunde klasaanbieding vir leerders wil bied.








Reviews
There are no reviews yet.