Ekstraklas Akademie

Aanlyn klasse

1. Aanlyn Groep klasse

  • Groepklasse van twee 1 uur sessies per week vir graad 8 en graad 9 leerders.
  • Groepklasse van twee 1,5 uur sessies per week vir graad 10, graad 11 en graad 12 leerders.
  • Die klasse word aanlyn op Zoom aangebied. Die aanlynklasse word opgeneem en die videos is beskikbaar vir leerders wat nie ‘n klas kon bywoon nie om die les te kan opvang.
  • Twee keer per maand ‘n een uur hersiening sessie vir graad 8-11 op Sondae middae/aande. Vir graad 12 leerders is die klas weekliks. Leerders kan dan vrae vra oor werk wat hulle gemis het of nie verstaan Die tyd wat oorbly sal vir hersiening gebruik word.
  • Die hele sillabus gaan in die ekstra klasse deurgewerk en verduidelik word en leerders gaan die geleentheid kry om alle werk te oefen en te bemeester en probleme uit te sorteer.
  • Ek gebruik my eie reeks van handboeke met die aanbied van klasse en die aankoop van die hele stel boeke is verpligtend. Ek help wel egter ook leerders met probleme uit hulle skool handboeke.
  • Koerierkoste vir die boeke is R170.
  • Eksamenklasse waar ou vraestelle uitgewerk word, sal tydens eksamens aangebied word om leerders te help voorberei vir hulle vraestelle.
  • Die fooi vir graad 8 en 9 leerders is R1000 per maand vir 12 maande tot en met Desember. Die fooi vir graad 10, 11 en 12 leerders is R1200 per maand vir 12 maande tot en met Desember.
  • Fooie is vooruit betaalbaar voor die 3de van die maand vir die maand.
  • Klastye van Maandag tot Donderdag is as volg:
    • Gr 8: Dinsdae en Donderdae van 17:00 tot 18:00
    • Gr 9: Dinsdae en Donderdae van 18:00 tot 19:00
    • Gr 10: Maandae en Woensdae van 17:30 tot 19:00
    • Gr 11: Dinsdae en Donderdae van 19:00 tot 20:30
    • Gr 12: Maandae en Woensdae van 19:00 tot 20:30
  • Klastye vir Sondae is as volg:
    • Gr 11: Elke 2de Sondag van 15:00 tot16:00
    • Gr 10: Elke 2de Sondag van 16:00 tot 17:00
    • Gr 8: Elke 2de Sondag van 17:00 tot 18:00
    • Gr 9: Elke 2de Sondag van 18:00 tot 19:00
    • Gr 12: Elke Sondag van 19:00 tot 20:00

2. Aanlyn individuele klasse

  • Hierdie klasse is beskikbaar en kan gereël word op beskibare tye vir leerders wat net ‘n beperkte aantal klasse wil bywoon. Die koste van hierdie individuele klasse is R450 per uur. Hierdie klasse is ideaal vir leerders wat byvoorbeeld graad 12 Wiskunde her.
  • Indien leerders individuele klasse wil doen vir die hele jaar, beloop die koste R1250 per maand vir ‘n een uur les per week. Hierdie klasse kan net aangebied word indien daar beskikbare tye daarvoor is.
  • Alle klasse word aanlyn op Zoom aangebied.
Die video onderaan dien as 'n voorbeeld van hoe die aanlyn klasse werk en die aanbieding van die klasse.
Video opnames van die graad 8 tot 12 sillabusse
  • Video opnames vir al 5 grade wat die teorie van elke afdeling van die sillabus asook die antwoorde van die huiswerk probleme verduidelik. Die opnames is deur myself opgestel vanuit my Wiskunde Anibrand handboeke.
  • Leerders kan op hulle eie pas deur die sillabus werk. Al die videos is te alle tye beskikbaar vir leerders wat by die fasiliteit inskakel. Leerders kan dus ook die videos gebruik vir die voorbereiding van toetse en eksamens.
  • Leerders wat by hierdie fasiliteit inskakel, moet die hele stel Wiskunde Anibrand boeke aankoop.
  • Die koste om by hierdie fasilteit in te skakel is R200 per maand vir 12 maande tot en met Desember.
Wiskunde Anibrand boeke
  • Graad 8: Werkboek R 320; Antwoordboek R 300; Vraestelboek R 140
  • Graad 9: Werkboek R 320; Antwoordboek R 300; Vraestelboek R 140
  • Graad 10: Werkboek R 320; Antwoordboek R 300; Teorieboek R 100; Vraestelboek R 140
  • Graad 11: Werkboek R 320; Antwoordboek R 300; Teorieboek R 100; Vraestelboek R 140
  • Graad 12: Werkboek R 320; Antwoordboek R 300; Teorieboek R 100 Junie Vraestelboek R 140; September Vraestelboek R 140; November Vraestelboek R 140
Click hier vir Boeke

Vir verdere inligting of om u kind by die fasiliteit in te skakel,

kontak Me. Annie Bothma by anniebothma64@gmail.com  of 082 3771896

linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram