Graad 11 Notaboek of Werkboek

Graad 11 Notaboek of Werkboek

R320,00

SKU: 00007 Category:

Description

Meer oor “Wiskunde Anibrand Graad 11 Notaboek of Werkboek”.

Die graad 11 Wiskunde Anibrand Notaboek of Werkboek behandel die volledige graad 11 KABV Wiskunde sillabus.

Die huiswerk probleme is so opgestel dat dit alle leerders help om eers die basiese begrippe vas te lê. Daarna volg probleme wat insig vereis en uitdagings bied aan leerders wat uitnemend wil presteer. Die Graad 11 Wiskunde Anibrand Antwoordboek verskaf volledig uitgewerkte, verduidelikende antwoorde op al die huiswerk probleme.

Ek gebruik hierdie notas die afgelope 12 jaar in my klasaanbieding vir die graad 11 leerders. Dit stel my in staat om die notas konstant te verbeter, soos wat ek dit in die klassituasie as nodig ervaar. Dit is ook so saamgestel dat dit ‘n volledige basis bied vir leerders om te kan presteer in Wiskunde in graad graad 12.

Die Werkboek is op hierdie stadium so volledig en werk so suksesvol, dat geen ander materiaal vir graad 11 Wiskunde- onderrig benodig word nie. Ons behaal in Die Wilgers, waar die Wiskunde Anibrand reeks gebruik as geheel gebruik word, uitstekende resultate met leerders in alle prestasievlakke .

Hierdie boek , saam met die Wiskunde Anibrand graad 11 Antwoordboek, Teorieboek en Vraestelboek is die antwoord vir alle graad 11 leerders wat wil presteer in Wiskunde en ook vir alle Wiskunde onderwysers wat sonder moeite ‘n kwaliteit Wiskunde klasaanbieding vir leerders wil bied.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Graad 11 Notaboek of Werkboek”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram